Share

November 2025


 Psalm 19:8:  “Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe.”  



Hoeveel keer moes jy nie al vir iemand probeer moed inpraat en het jy na die regte woorde gesoek nie? Jes. 50:4 sê:  “Die Here my God het my geleer om die regte woorde te gebruik sodat ek dié wat moeg is, kan moed inpraat. Elke môre laat Hy my opnuut weer luister, Hy laat my luister soos ’n leerling moet luister.”

 

Wat ‘n voorreg is dit nie dat die Here self vir ons wil leer om die regte woorde te gebruik nie. Ek het die ander dag so ‘n spesiale ervaring gehad toe iemand my vertel het van ‘n baie slegte ding wat haar oorgekom het. Een van die teksverse wat ek die oggend gelees het, het onmiddellik by my opgekom, en ek het aan Jes. 50:4 gedink toe sy begin huil en gesê het: “Dit is presies wat ek vandag nodig gehad het om te hoor.”


Dit het my net weer laat besef hoeveel seën ons en ander mis as ons nie genoeg tyd maak om God se Woord te lees en te memoriseer nie. Skep jy geleentheid om te luister na wat die Here vir jou wil leer?


Met hierdie in gedagte wil ek jou nooi om volgende jaar, saam met duisende vroue van regoor die wêreld die Bybel in ‘n jaar deur te lees. Die Read through the Bible Global Movement begin 1 Januarie 2026, en ek wil jou aanmoedig om dit biddend te oorweeg om hieraan deel te neem. (Sien meer inligting hieronder.)


Retha de Villiers





Wonder van die Woord-projek


Hierdie projek is 'n sesjaarinisiatief wat verskeie projekte insluit en wat oor die volgende ses jaar geloods sal word.

Hier is 'n tydlyn van die projek:




2026: Bekendstelling van Lees deur die Bybel-projek



Is jy gereed om van 2026 die jaar te maak waarin jy dieper in God se Woord sal groei? Sluit aan by ’n gemeenskap van vroue regoor die wêreld wat daartoe verbind is om die Bybel saam in ‘n jaar deur te lees en om dit wat hulle deurentyd leer, te deel.

Vanaf Januarie 2026 sal jy daaglikse aanmoedigings per e-pos ontvang wat jou sal help om die wonder van die Woord te aanskou. Jy sal ook jou insigte en dit wat die Vader jou leer as deel van ‘n eksklusiewe aanlyn gemeenskap met susters regoor die wêreld kan deel.

Ons is opgewonde om hierdie reis saam met jou te begin!


Begin deur op die skakel te kliek en dan die vorm in te vul.


In die komende maande sal jy van die volgende hulpmiddels ontvang:

  • ’n 2026-Bybelleesplan

  • Daaglikse leesaanwysings wat vanaf Januarie per e-pos aan jou gestuur word

  • Toegang tot ’n wêreldwye gemeenskap van susters in Christus waar jy kan deel wat die Here jou leer

Teken dit op jou kalender aan! Ons leesplan begin 1 Januarie 2026.

Bid intussen dat God jou hart sal voorberei vir alles wat Hy in die vooruitsig het.

Met God se hulp, kom ons lees Sy Woord saam!


Lees deur die Bybel inskryfvorm


2026: Wonder-Toepassing (WONDER App) vir tienerdogters


Die Wonder-dissipelskaptoepassing is ontwerp om dertien- tot sewentienjarige dogters in God se Woord te betrek, hulle te inspireer om Jesus te ken, Sy waarheid uit te leef en God se liefde met ander te deel! In vennootskap met Dannah Gresh, medeaanbieder van die Revive Our Hearts-potgooi, sal die toepassing tieners help om elke dag tyd in die Woord van God te spandeer.


Ons sluit die inligting hieroor nou reeds in omdat dit deel van die Wonder van die Woord-inisiatief is. Die Wonder-toepassing sal op 1 Januarie 2026 in Engels vrygestel word en 'n paar maande later in Spaans. Ons hoop om dit in die toekoms in nog tale beskikbaar te stel.



WONDER- Toepassing video


2027: Leer deur die Bybel



Raak jy nog opgewonde wanneer jy jou Bybel oopmaak? Is jy steeds in verwondering as jy lees van God se onvoorwaardelike liefde, genade en barmhartigheid?


Ons is só opgewonde om die Leer deur die Bybel -projek bekend te stel!


Ons Suid-Afrikaanse span is tans besig om Nancy DeMoss Wolgemuth se 260 inspirerende Bybelstudies, wat strek van Genesis tot Openbaring, na Afrikaans te vertaal.


Die pragtige kern van elke boodskap bly dieselfde: dit wys ons na Jesus Christus en Sy volmaakte offer wat ons verhouding met God kom herstel het.


Hierdie lewensveranderende materiaal word in Januarie 2027 bekendgestel.


Efesiërs 2:8-10 herinner ons: “Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie. Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.”







Kyk gerus na ‘n inleiding van die projek in hierdie video:


Wonder van die Woord-projek


Bid asseblief saam met ons vir:

  • God se seën op op die hele projek en proses;

  • die verloop en vordering van die redigering en onames van die boodskappe om in die gegewe tydsraamwerk voltooi te word;

  • die inspraak van die Gees in die projekspan se lewens tydens die verloop van die  proses;

  • Goddelike wysheid, onderskeidingsvermoë, vaardigheid, krag, deursettingsvermoë en alles wat die span nodig mag hê;

  • oplossings vir  tegniese en tegnologiese uitdagings; en  

  • ‘n begeerte onder vroue om deel van die projek te word.

Om julle te help voorberei vir die boodskappe wat in 2027 kom, nooi ons julle uit om deel te word van die Lees die Bybel projek in 2026.




Take Heart Vrouekamp-terugvoer


Revive Our Hearts South Africa se eerste vrouekamp “Take Heart! God is Faithful”  het die naweek van 26–28 September plaasgevind. Die kamp is deur 37 dames bygewoon. Dit was werklik ’n geseënde naweek saam.

Retha se lering het uit Psalm 107 gekom. Deur haar onderrig het hierdie Skrifgedeelte werklik lewend geword. Vyf pragtige stasies wat opgestel is om die teks visueel voor te stel, het ook daartoe bygedra. Jackie het die tema “Wie is God?” hanteer. Al die sessies is gebaseer op die Waarheid en is goed ontvang.

Die lering is verder versterk deur die Geesvervulde aanbidding, gelei deur Gerda Mare. Sy het die dames op ’n eenvoudige maar kragtige manier met haar kitaar begelei. Ons het Jesus gevier met liedere wat herinneringe aan kinderjare se kerk- en kampdae opgeroep het.

God het baie vroue op verskillende maniere aangeraak. Die dames kon vernuwing, vryheid en vrede ontvang, dit ervaar en daarop reageer - vir sommiges vir die eerste keer weer in ‘n lang tyd. Dit was kosbaar om die verandering in sommiges se gesigsuitdrukkings te sien van hul aankoms Vrydagmiddag totdat hulle Sondag vertrek het.

Ons gee aan God al die eer! Hy is waardig om voluit geloof te word!
Dankie, Here, vir elke deurbraak, elke openbaring, elke daad van liefde, elke aanraking en vir U ongeëwenaarde teenwoordigheid.


1 Korintiërs 3:6–7: “Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar dit is God wat laat groei het. Dit gaan dus nie om die een wat plant of die een wat natgooi nie, maar om God wat laat groei.”




Die vroue by “Take Heart! God is Faithful” kamp.


'n Paar getuienisse:


I cannot tell you how impactful this weekend was! It's been a really tough week, life- shattering type of tough, but He spoke to my heart so clearly this weekend, and I cannot wait to share my testimony in due time. Thank you for making this weekend possible for myself and my friend.

X

Honestly, it was what I needed most, just to be away from my normal life. I always find blaming myself all the time. I learned to surrender, let it go, and forgive. Thank you for the powerful teachings, Retha and Jackie. The play time was lovely; it taught me a lot to stop and have some fun. The quiet time was a beautiful moment. Saturday night, I cried, all tears of a new beginning. I felt the presence of God. I was on another level and place. May God continue shining through your lives. Blessings 

X

I understand how unforgiveness hampers my relationship with Christ. I am in awe of His love.

X

Before I came to the camp, I asked God to shut everything which is going on in me and help me just to be in His presence throughout the weekend because I knew that by my own strength it was impossible, and God came through for me because the whole weekend I was in the present moment. Yes, I feel that I am in a storm and I have carried a heavy burden, but I came back with peace, I also rest in Him and got a new revelation. And when I received my Scripture with my name tag, I got the one with my name and I found out that I am having the same Scripture, which is Matthew 7:7. That is something that I need God’s guidance and help with.
During the last session on Saturday, when we had quiet time with the Lord, the picture that I got is the child running to the arms of His Father with open hands. After Mma Retha prayed for me, I went to rest in God’s arms and all my worries were gone. When I arrived back, the situation had not changed but I have peace. I am no longer worried or bothered. Thank you, Father, for loving us unconditionally.

X



ROH True Women ‘25 Konferensie


Die True Woman 2025-konferensie - The Word - Behold the Wonder in Indianapolis, VSA, het ongeveer sesduisend vroue van regoor die wêreld byeengebring vir ’n kragtige naweek van aanbidding, lering en geestelike vernuwing. Sprekers met ongelooflike boodskappe het ingesluit: Nancy DeMoss Wolgemuth, Mary Kassian, Dannah Gresh, Bob Lepine, Scott Lindsey, Katie McCoy, Pastor Kevin DeYoung, Courtney Doctor, Melissa Kruger, Erin Davis, Gretchen Saffles en Jackie Hill Perry, om maar net 'n paar te noem.  Die temas van die byeenkoms het gefokus op Loving the Word, Living the Word, en Beholding the Wonder. Tydens die sessies spesifiek vir tienermeisies was die atmosfeer gevul met eenheid en ’n diep verlange na waarheid. Van die innige lofprysing tot Skrifgebaseerde boodskappe het vroue terug na Christus en Sy transformerende Woord gewys. Die dames is geïnspireerd, versterk en vol ywer gelaat om daardie gees van herlewing in hul daaglikse lewe uit te dra.





Theresa en Estelle by die True Woman 2025-konferensie

 The Word - Behold the Wonder




In Augustus 2025 het Anneke by ROH se Vroue van die Bybel-studie oor Abigail aangesluit. Wat ’n seën was dit nie om te hoor dat sy ook die ROH SA-konferensie in 2019 in Pretoria bygewoon het nie! Die slagspreuk, “Calling women to freedom, fullness and fruitfulness”, het ’n blywende indruk op haar hart gemaak. Haar getuienis staan steeds helder uit as ’n verhaal van bemoediging en God se getroue voorsiening. Laat Anneke self vertel:

Ek is ’n Suid-Afrikaanse sendingwerker wat in Mosambiek werk. Revive Our Hearts was waarskynlik al die afgelope 10 jaar deel van my lewe. Ek luister byna daagliks na die potgooie. Verlede jaar het ’n sendingvriendin van my gevra of ek vir haar Engelse lesse kan gee. Sy is ‘n Mosambieker en wou haar taalvaardigheid verbeter. Ons het begin om Engelse lesse aanlyn te gee aangesien ons in verskillende stede gewoon het. Om haar luistervaardighede te help verbeter, het ek vir haar die skakels na Revive Our Hearts-potgooie gestuur. Aanvanklik het sy ’n potgooi twee of drie keer geluister om dit te verstaan! Mettertyd het sy egter beter geword, en later het sy net een keer geluister en alles verstaan. Sy het regtig van die onderrig gehou, en ek onthou hoe sy na die eerste boodskap in ’n reeks wat Nancy DeMoss Wolgemuth oor Spreuke 31 gedoen het, geluister het. Dit het ’n indruk op haar gemaak oor hoe dit haar verantwoordelikheid is om die Here op ’n doelbewuste manier aan haar kinders te wys. Ek onthou hoe ons saam gedeel het, en sy het selfs trane gehad terwyl sy gebid het dat sy daardie soort moeder vir haar dogters sou wees. My vriendin het so van die potgooie se boodskappe gehou dat sy dit begin gebruik het om jonger meisies te evangeliseer. Op die oomblik gebruik sy die Esther-reeks om ’n ander jong vrou te bemoedig. Wat ek begin het as ’n aktiwiteit om luistervaardighede te oefen, het ’n bedieningsbron geword wat ons albei ryklik  geseën het. Ons is dankbaar vir die manier waarop die Here Revive Our Hearts in ons lewens gebruik het.





Gebed

  1. Psalm 119:105: “U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.”Hemelse Vader, ons dank U vir U Woord — standvastig, lewend en onveranderlik. Dit bring lig wanneer ons paaie donker voel, wysheid wanneer ons onseker is en troos wanneer die lewe swaar voel. Dankie dat U deur die Skrif direk met ons praat - dat U ons elke dag daardeur lei, teregwys en versterk. Mag U Woord ons anker bly in elke seisoen, ons bron van vreugde, en die herinnering dat U altyd naby is.

  2. Psalm 28:7: “Die Here is my sterkte en my beskermer, op Hom het ek vertrou. Hy het my gehelp. Daarom is ek bly en wil ek Hom loof met my lied. ”Terwyl die jaar tot ’n einde kom, voel baie van ons moeg van die reis. Tog dank ons U dat U nooit moeg word nie. U is ons krag wanneer ons swak is, ons hoop wanneer ons moedeloos is en ons vrede wanneer die lewe oorweldigend voel. Help ons om hierdie jaar nie uitgeput nie, maar vol verwagting af te sluit — met die wete dat dieselfde God wat ons tot hiertoe gedra het, ons ook vorentoe sal lei.


Copyright © 2025 Revive Our Hearts South Africa

 Revive Our Hearts South Africa, Loschplace 13, Moreletapark, Pretoria, Gauteng 0044, South Africa
All rights reserved.

sainfo@reviveourhearts.co.za 
Unsubscribe/Uitteken


Email Marketing by ActiveCampaign