|
“’n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape”(Johannes 10:10,11, Afr83).
Desember en Januarie is vakansiemaande in Suid-Afrika. Vir die meeste mense is dit maande van oorvloed, kos, pret, kuier en sommer net doen waarvoor jy lus is. Dit is so ‘n voorreg om die rustyd te kan ingaan en werklik weer by geliefdes uit te kom.
Ons gebed is dat jy die Kersseisoen die oorvloedige lewe wat Jesus belowe het sal ervaar. Mag jy die leiding van jou Herder in elke gesprek ervaar. Mag jy Sy beskerming geniet en mag jy waaksaam wees vir die dief wat jou vreugde en vrede wil kom steel.
Soos ons ons huise beveilig met diefwering, hekke, alarms, elektriese drade, reaksiemagte en nog meer, wil ek jou aanmoedig om ook jou geestelike huis te beskerm deur:
• nie jou stiltetyd te verwaardloos nie;
• dadelik te vergewe;
• ‘n wag voor jou mond te sit; en
• selfdisiplinne toe te pas met wat jy kyk, luister, drink en doen.
Ons bid dat God jou met oorvloed, vreugde en vrede sal vul en dat Sy lig helder in julle huise hierdie vakansietyd en ook in 2026 sal skyn.
Dankie ook dat jy deel van Revive Our Hearts South Africa se bediening is. Jou gebede, aanmoediging en finansiële bydraes maak ‘n verskil in God se koninkryk.
Geseënde Kersfees en 'n geseënde nuwe jaar!
Die Revive Our Hearts South Africa-span
|